Sport in die onderwys
Hoe kan sport positief in onderrig geinkorporeer word?
Monday, 16 May 2011
Tuesday, 10 May 2011
Voordele van sport op skoolvlak
Elke ouer het al op een of ander stadium verby ‘n sportveld gestap en met bekommernis gedink wat met hul kind kan gebeur. Is die voordele van sport regtig so groot dat dit die nadele oorweeg? Hieronder volg ‘n bespreking van ‘n paar voordele en nadele van sport, sodat ouers en leerders ‘n ingeligte besluit kan maak.
Kom ek begin met die voordele. Persoonlik dink ek dat een van die grootste voordele van sport is dat dit vir leerders lekker is om dit te doen. Leerders geniet dit dus en dit verskaf afleiding vir enige probleme wat daar dalk in hul lewens kan wees.
Baie leerders doen egter net sport om hul sosiale status in die skook te verbeter. Alhoewel dit nie die regte rede is om sport te doen nie leer dit leerders belangrike sosiale vaardighede soos om met ander mense te werk en te kommunikeer. Dit leer leerders ook belangrike leiereienskappe.
Daar is ook ander voordele soos goeie hand-oog-koördinasie. Sonlig is steeds een van die beste maniere om die liggaam van vitamien D te voorsien en sport wat in die buitelug gespeel word is goed hiervoor.
Sport help oor leerders wat oorgewig is, want gereelde oefening sal leerders help om ‘n gesonder gewig te handhaaf. Sport skep geleentheid vir ouers om hul kinders te ondersteun en te help.
Sport in onderwys
Sport is deel van baie van die kinders op skool. Maar hou dit miskien gevare in vir ons kinders? Hoe beinvoed dit ons kinders?
Motiveer dit die kinders op die regte maniere of maak die kompetisie dat leerders tot die uiterste sal gaan?
Motiveer dit die kinders op die regte maniere of maak die kompetisie dat leerders tot die uiterste sal gaan?
Subscribe to:
Comments (Atom)




