Elke ouer het al op een of ander stadium verby ‘n sportveld gestap en met bekommernis gedink wat met hul kind kan gebeur. Is die voordele van sport regtig so groot dat dit die nadele oorweeg? Hieronder volg ‘n bespreking van ‘n paar voordele en nadele van sport, sodat ouers en leerders ‘n ingeligte besluit kan maak.
Kom ek begin met die voordele. Persoonlik dink ek dat een van die grootste voordele van sport is dat dit vir leerders lekker is om dit te doen. Leerders geniet dit dus en dit verskaf afleiding vir enige probleme wat daar dalk in hul lewens kan wees.
Baie leerders doen egter net sport om hul sosiale status in die skook te verbeter. Alhoewel dit nie die regte rede is om sport te doen nie leer dit leerders belangrike sosiale vaardighede soos om met ander mense te werk en te kommunikeer. Dit leer leerders ook belangrike leiereienskappe.
Daar is ook ander voordele soos goeie hand-oog-koördinasie. Sonlig is steeds een van die beste maniere om die liggaam van vitamien D te voorsien en sport wat in die buitelug gespeel word is goed hiervoor.
Sport help oor leerders wat oorgewig is, want gereelde oefening sal leerders help om ‘n gesonder gewig te handhaaf. Sport skep geleentheid vir ouers om hul kinders te ondersteun en te help.
Dit is alles waar - sport het al hierdie voordele. Maar, my ervaring is dat skole vandag dikwels heeltemal oorboord gaan as dit by sport kom. Daar gaan kwalik 'n dag verby wat kinders nie vroeër uit 'n klas moet gaan as gevolg van 'n bus wat moet ry na 'n wedstryd toe nie. En dan kla die ouers as die kinders nie goed genoeg voorberei is vir 'n toets nie! Plus, kultuur word baie afgeskeep. Waar moet daar plek daarvoor wees?
ReplyDeleteKAREN
ReplyDeleteHI Carla. My ervaring oor sport is weer baie positief. Ons speel slegs op Woensdae in die week by die laerskool wedstryde en Saterdae by die Hoerskool. Die skole le wel baie klem op sport, maar ek het seker gemaak dat my seuns veral deel moes he aan kulturele aktiwitiete en het self my laerskool seun ingeskryf vir sanglesse. Die kore by die Hoerskool sowel as laerskool is fantasties en albei my seuns sing maar nie almal kan sing, n musiek instrument bespeel of alleen op n verhoog optree nie.
Uit my ervaring speel alle kinders iewers met n bal. Dit is meer universeel en dus makliker om kinders betrokke te kry by sport en baie moeiliker om elke individu te leer om n musiek instrument te bespeel.
Ons as ouers behoort ons kinders elkeen as individu te ken en ek dink dit is ons plig as ouers om ons kinders bloot te stel aan kulturele aktiwiteite sodat hulle in geballanseerde volwassenes kan ontwikkel. Na die hele dag se stilsit in die klas moet ons kinders sport deelname he sodat hul van hul frustrasies ontslae kan raak en so ook al hul spiergroepe kan ontwikkel anders sit ons met n bevolking van oorgewig volwassenes wat almal aan hoe bloedruk en en hart aanvalle sterf.
Sekere skole bied ekstra kitaar, blokfluit ens aan in skoolperiodes, en drama onderwysseresse is volop. Vra net die sekretaresse by die skool vir die nommers en kultuur sal vinnig deel word van jou kind se leefwereld.
Die voordeel van sport op skoolvlak is dat dit leerders op 'n vlak ontwikkel tot volwassenheid wat nie in die klaskamer bereik kan word nie.
ReplyDelete