Tuesday, 10 May 2011

Sport in onderwys

Sport is deel van baie van die kinders op skool. Maar hou dit miskien gevare in vir ons kinders? Hoe beinvoed dit ons kinders?
Motiveer dit die kinders op die regte maniere of maak die kompetisie dat leerders tot die uiterste sal gaan?

2 comments:

  1. Ek dink dat sport ook positiewe effekte op leerders kan he. Dit kan hul leer om gedetermineerd te wees en te volhard in wat hul aanpak

    ReplyDelete
  2. Elke ouer het al op een of ander stadium verby ‘n sportveld gestap en met bekommernis gedink wat met hul kind kan gebeur. Is die voordele van sport regtig so groot dat dit die nadele oorweeg? Hieronder volg ‘n bespreking van ‘n paar voordele en nadele van sport, sodat ouers en leerders ‘n ingeligte besluit kan maak.
    Kom ek begin met die voordele. Persoonlik dink ek dat een van die grootste voordele van sport is dat dit vir leerders lekker is om dit te doen. Leerders geniet dit dus en dit verskaf afleiding vir enige probleme wat daar dalk in hul lewens kan wees.
    Baie leerders doen egter net sport om hul sosiale status in die skook te verbeter. Alhoewel dit nie die regte rede is om sport te doen nie leer dit leerders belangrike sosiale vaardighede soos om met ander mense te werk en te kommunikeer. Dit leer leerders ook belangrike leiereienskappe.

    Image credit: www.euaustralia.com/wp-content/sport-kids-ep-08.jpg&imgrefurl
    Daar is ook ander voordele soos goeie hand-oog-koördinasie. Sonlig is steeds een van die beste maniere om die liggaam van vitamien D te voorsien en sport wat in die buitelug gespeel word is goed hiervoor. Dalk so iets oor hoe vitamien D deur die liggaam vervaardig word.
    Sport help oor leerders wat oorgewig is, want gereelde oefening sal leerders help om ‘n gesonder gewig te handhaaf. Sport skep geleentheid vir ouers om hul kinders te ondersteun en te help.

    Image credit: www.google.co.za/imgres?imgurl=http://i.dailymail.co.uk/i/pix/2008/05/21/article-1020879-015455E100000578-727_233x376.jpg&imgrefurl=http://dlamuwp101.blogspot.com/&usg
    Intreksel oor sielkundige effek wat oorgewig wees op ‘n kind se selfbeeld dan hê
    Sport kan partykeer fisies wees en die ander span se lede intimiderend. Hierdie tipe situasies leer ‘n leerder hoe om stresvolle situasies te hanteer en te verwerk. Dit help leerders ook met konflikhantering en probleemoplossing vaardighede. Die laaste voordeel wat bespreek gaan word is dat sport leerders eenvormigheid leer, bv. ‘n doel in ‘n netbal span sal ‘n bal opeenvolgend moet kan indoel.
    Kom ons kyk nou na die nadele. Een van die eerste nadele waaraan daar waarskynlik gedink word is beserings. Beserings kan ‘n lang tyd vat om te herstel en kan soms permanente skade aanrig wat ‘n leerder die res van sy/haar lewe probleme kan gee.

    www.forkparty.com/wp-content/uploads/2011/04/Sports-Injury-Faces-Soccer-Face
    Met die finansiёle voordele wat daar vir toppresteerders in sport is word daar al hoe vroeёr druk op leerders gesit om in ‘n spesifieke sport te spesialiseer. Daar word ook te veel klem gelê op wen. Hierdie druk kan soms lei tot verkeerde besluite soos om steroїdes te gebruik.

    ReplyDelete